• Kameelperd


    Net buite die dorp by die Wildskamp 
  • Hertzogville Sonsopkoms


    Wat is nou mooier???
  • HERTZOGVILLE LANDBOUFEES 2018


Tuesday  - 19 March 2024
Opkomende Gebeure


Saamwerk Primêr


Primêre Skool Saamwerk - Geskiedenis

Op 26 Januarie 1914 is ‘n plaasskool op die plaas, Koekemoersfontein, deur Mnr DC de Bruyn, destydse inspekteur van onderwys geopen.  Die onderwyser gaan aan die einde van 1914 weg en die Departement van Onderwys stuur ‘n jongman, Mnr HC Viljoen, daarheen.  Die skool moes egter sluit omdat ‘n ouer met 5 kinders weggetrek het.  Die skool word oorgeplaas na Donkerfontein, die plaas wat later aangekoop is vir die dorp, Hertzogville.
 
Op 6 Augustus 1915 begin hierdie skool met 19 leerlinge in ‘n 3 vertrek gebou, tussen die huidige kragstasie en die huis van wyle Mnr Herman Toerien.  Die gebou word egter vir ‘n winkel benodig en die skool word oorgeplaas na Palmietfontein op 26 Januarie 1916.  Op 1 Maart 1916 word die skool teruggeplaas na die postal van Donkerfontein.  Die ruimte is egter beperk en ‘n nuwe skool wors gebou.  Op 12 September 1917 word hierdie 2 klipkamers, langs die huidige blou baksteengebou, betrek.  Die skool groei so vinnig dat in 1925 al onderrig gegee het tot St 7 en in 1957 tot St 8.  In 1957 skryf die eerste vyf leerlinge hulle eerste matriekeksamen op Hertzogville.
 
Op Vrydag 5 Augustus 1977 het die inwyding van die nuwe skoolgeboue-kompleks plaasgevind na die bouprogram wat 7½ jaar geduur het.  Die skool spog nou met ten volle toegeruste skoolgebou, labrotoriums en biblioteek.  Voorts beskik die skool ook oor ‘n uitstekende koshuis met die volgende ster-eienskappe: goeie kosvoorbereiding, goeie dissipline, die geestelike versorging van kosgangers, vaste studietye, televisie en baie vryetydsbestedingsfasiliteite.
 
Hierdie skool onderskei hom nog al die jare as ‘n skool wat aan leerlinge ooreenskomstig die Christelike-nasionale onderwysbeleid optimale karakter-, liggaamlike-, kennis-, en vaardigheidsontwikkeling bied.
 
Die Hoërskool Hertzogville het hom bewys as ‘n skool van bestendigheid, wat stille krag uitstraal en wat hoë kwaliteit werk lewer.  Dit is ‘n skool waar sekuriteit    gebied word, waar leerlinge kan vorder omdat skoolhoofde die geleentheid gebied word omhul stempel op die skool te laat.
 
In Desember 1952 tree Mnr Viljoen na 38 jaar as hoof af.  Hy word deur Mnr TP le Roux opgevolg, wat 14 jaar hoof was, voordat Mnr AC de Wet die leisels vir die volgende 17 jaar oorgeneem het.  In 1984 was Mnr JM du Preez skoolhoof en vanaf 1885 tot 1994 was Mnr TJK Visser die hoof.
 
Op 1 Januarie 1995 skei die hoër- en laerskool.  Die Hoërskool gaan voort as ‘n openbare skool en die laerskool word in die koshuisgebou gehuisves, as model C skool, wat bekend sal staan as Primêre Skool Saamwerk (Hertzogville)  Die skool begin met ‘n leerlingtal van 71 en ‘n personeelsterkte van 8, waarvan Mnr JC van der Mescht die skoolhoof is.
 

Mnr. v d Mescht tree af in 2009. Mev. Ansie Nauhaus neem waar vir 6 maande.  Mnr. H.L.K.Malan word aangestel as die nuwe Skoolhoof vanaf Februarie 2010.

Mnr. Gerhard Erwee is tans die skoolhoof.

 

0  
0  

 


 

Beskrywing Link Formaat
> Kwartaal 2 Program 2017 Laai af   pdf (.pdf)
>Voorlopige Eksamenrooster Junie 2017 Laai af   pdf (.pdf)
> Plakkaat Laai af pdf (.pdf)
>  Pamflet Laai af pdf (.pdf)
> Kontak besonderhede Laai af pdf (.pdf)
> Lys van Onderwysers Laai af pdf (.pdf)
>  Klaslyste Laai af pdf (.pdf)
Primêre Skool Saamwerk - Skoollied :
 
1.
Ons rys uit die vlakte op,
 
Jeugbloed in ons are klop
 
Op die vadere se spoor
 
Gaan ons grootpad heuwels oor
 
Wakker hart en saamwerk gees,
 
Immer op die voorpunt wees,
 
 Moed om met die môrestraal
 
Uit ons dagtaak goud te haal
 
0
KOOR :
Saamwerk met die hande vry,
 
Vir ons volk die weg berei,
 
Want ons voel die lente klop
 
Uit die vlakte rys ons op.
 
0
2.
In die sonbrand, gloei van lig,
 
Gaar die volryp somervrug
 
Lente in ons are klop,
 
Voorstes teen die daeraad op
 
Op die grootpad aan die werk
 
In geloof en moed gesterk
 
Voorstes op die grondpad wees,
 
Witman ken geen aardse vrees
0
 

 

 

Kontak besonderhede :  
Mnr. Gerhard Erwee (Skoolhoof) Mev. Charlene Delport

Tel:       053-4219001
E-pos : saamwerk@wsinet.co.za

Sel :      083 7090 778
E-pos : delportcharlene3@gmail.com
Primêre Skool Pre Primêre Skool

Koshuis: Mev Cilna du Preez

               053-4219420